High Quality Rolex Replica
Links:�,��f��f'�f��,��f"�f� �"��?��,��,��f^ 口�,��fY,�,��f��f'�f��,��f"�f��T,�^N�s�"�,�f��f��ff�,��,� �,��f��f'�f��,��f"�f�販売

J. S. BACH
ST. JOHN PASSION

Die Johannes Passie is in die jaar 1723 geskryf, nog vóórdat Bach sy beroep as Thomaskantor in Leipzig aanvaar het. Hy het dit egter nog twee keer - in 1729 en 1738 - in belangrike mate hersien.

Hierdie vir Bach ongewone ontevredenheid met 'n eenmaal voltooide werk, vind sy oorsaak miskien in die eerste plaas in die teks. Bach was vir hierdie werk sy eie libretto-skrywer maar hy het gebruik gemaak van die beskikbare ontwerp van die Hamburgse raadsheer Brockes.

Dié ontwerp was al voorheen deur Händel, Mattheson en Kaiser getoonset, maar Bach het dit vir sy eie gebruik aangepas. In plaas van die barokke, bombastiese verse van dié ontwerp het hy die oorspronklike teks van Johannes verkies, alhoewel hier en daar in die aria's tekste van verskillende skrywers gebruik is.

Die kern van elke passie word weerspieël in die verhaal van die evangelis. So is ook in hierdie verhalende resitatiewe aria's, kore en korale ingeweef.

Die Passie bereik deur Bach 'n sodanige grootse sintese tussen deursigtige rypheid en pakkende werklikheid soos amper nooit voorheen in die musiekgeskiedenis voorgekom het nie. Die tonele by die geregshof, waar 'n malende mensemasse die dood van die Heiland eis, kan deur enige moderne skrywer nie meer realisties uitgebeeld word nie; die wonderlik innige korale, wat die oorweldigende krag van die gebeurtenisse onderbreek, smelt saam met die dramatiek as liriese hoogtepunt, tot 'n aangrypende en besielende geheel.

Bruno Peyer

 Saturday 8 April 1974 at 8 pm
UNISA AUDITORIUM
Muckleneuk Ridge

 Conductor
Bruno Peyer

Soloist
Anneen Leeuwner (Soprano), 
Stella Beder (Alto), 
Sjoerd Beute (Tenor) 
Jozua Serfontein (Base) 
Bruce Martin (Base)
 Orchestra 
Collegium Musicum Leader Bram Verhoef

Organ
Susan Engelbrecht
 PROGRAMME

PART 1

Betrayal and capture
  1. Chor 
    Herr, unser Herrscher
  2. Rizitativ (Joh 18:1-4) 
    Jesus ging mit seinen Jüngern
  3. Chor (Joh 18:5) 
    Jesum von Nazareth
  4. Rizitativ (Joh 18:5-7) 
    Jusus spricht zu ihnen: "Ich bin's"
  5. Chor (Joh 18:7) 
    Jesum von Nazareth
  6. Rizitativ (Joh 18:8) 
    Jusus antwortete: "Ich hab's eauch gesagt"
  7. Choral 
    O große Lieb', o Lieb' ohn' alle Maßen
  8. Rizitativ (Joh 18:9-11) 
    Auf daß das Wort erfüllet würde
  9. Choral 
    Dein Will' gescheh', Herr Gott
  10. Rizitativ (Joh 18:12-14) 
    Die Schar aber und der Oberhauptmann
  11. Arie - Alt 
    Von den Stricken meiner Sünden
  12. Rizitativ (Joh 18:15) 
    Simon Petrus aber folgete Jesus nach
  13. Arie - Sopran 
    Ich folge dir gleichfalls
  14. Rizitativ (Joh 18:15-23) 
    Derselbige Jünger war dem Hohenpriester bekannt
  15. Choral 
    Wer hat dich so geslachen
  16. Rizitativ 
    Und Hannas sandte ihn gebunden
  17. Chor (Joh 18:25) 
    Bist du nicht seiner Jünger einer?
  18. Rizitativ (Joh 18:25-27) 
    Er leugnete aber und sprach
  19. Arie - Tenor 
    Ach, mein Sinn, wo willst du endlich hin
  20. Choral 
    Petrus, der nicht denkt zurück

PART 2

Interrogation and flagellation

  1. Choral 
    Christus, der uns selig macht
  2. Rizitativ (Joh 18:28-30) 
    Da führeten sie Jesum vor Caiphas
  3. Chor (Joh 18:30) 
    Wäre dieser nicht ein Übeltäter
  4. Rizitativ (Joh 18:31) 
    Da sprach Pilatus zu ihnen: "So nehmet"
  5. Chor (Joh 18:31) 
    Wir dürfen niemand töten
  6. Rizitativ (Joh 18:32-36) 
    Auf daß erfüllet würde das Wort Jesu
  7. Choral 
    Ach, groß König, groß zu allen Zeiten
  8. Rizitativ (Joh 18:37-40) 
    Da sprach Pilatus zu ihm: "So bist du dennoch"
  9. Chor (Joh 18:40) 
    Nicht diesen, diesen nicht
  10. Rizitativ (Joh 18:40 - Joh 19:1) 
    Barrabas aber war ein Mörder
  11. Arioso - Baß 
    Betrachte meine Seel'
  12. Arie - Tenor 
    Erwäge, wie sein blutgefärbter Rücken

 


INTERVAL

Condemnation and Crucifixion


  1. Rizitativ (Joh 19:2): 
    Und die Kriegknechte flochten eine Krone
  2. Chor (Joh 19:3): 
    Sei gegrüßet, lieber Judenkönig!
  3. Rizitativ (Joh 19:3-6) 
    Und gaben ihm Backenstreiche
  4. Chor (Joh 19:6) 
    Kreuzige, Kreuzige!
  5. Rizitativ (Joh 19:6-7) 
    Pilatus spracht zu ihnen: "Nehmet ihr ihn hin"
  6. Chor (Joh 19:7) 
    Wir haben ein Gesetz
  7. Rizitativ (Joh 19:8-12) 
    Da Pilatus das Wort hörete, fürchtet' er sich
  8. Choral 
    Durch dein Gefängnis, Gottes Sohn
  9. Rizitativ (Joh 19:12) 
    Die Juden aber schrieen
  10. Chor (Joh 19:12) 
    Lässest du diesen los, so bist du
  11. Rizitativ (Joh 19:13-14) 
    Da Pilatus das Wort hörete
  12. Chor (Joh 19:15) 
    Weg, weg mit dem, kreuzige ihn
  13. Rizitativ (Joh 19:15) 
    Spracht Pilatus zu ihnen: "Soll ich euren König"
  14. Chor (Joh 19:15) 
    Wir haben keinen König
  15. Rizitativ (Joh 19:16-17) 
    Da überantwortete er ihn
  16. Arie - Baß mit Chor 
    Eilt, ihr angefocht'nen Seelen
  17. Rizitativ (Joh 19:18-21) 
    Allda kreuzigten sie ihn
  18. Chor (Joh 19:21) 
    Schreibe nicht: der Juden König
  19. Rizitativ (Joh 19:22) 
    Pilatus antwortet: "Was ich geschreiben"
  20. Choral 
    In meines Herzens Grunde

The death of Jesus

  1. Rizitativ (Joh 19:23-24) 
    Die Kriegsknechte aber, da sie Jesum
  2. Chor (Joh 19:24) 
    Lasset uns den nicht zerteilen
  3. Rizitativ (Joh 19:24-27) 
    Auf daß erfüllet würde die Schrift
  4. Choral 
    Er nahm alles wohl in acht
  5. Rizitativ (Joh 19:27-30) 
    Und von Stund' an anhm sie der Jünger zu sich
  6. Arie - Alto 
    Es ist vollbracht
  7. Rizitativ (Joh 19:30) 
    Un neigte das Haupt und verschied
  8. Arie - Baß mit Chor 
    Mein teurer Heiland

Burial of Jesus

  1. Rizitativ (Mat 27:51-53) 
    Und seihe da, der Vorhang im Tempel zerriß
  2. Arioso - Tenor 
    Mein Herz! in dem ganze Welt
  3. Arie - Sopran 
    Zerfließe, mein Herze
  4. Rizitativ (Joh 19:31-37) 
    Die Juden aber, dieweil es Rüsttag war
  5. Choral 
    O hilf, Christe, Gottes Sohn
  6. Rizitativ (Joh 19:38-42) 
    Darnach bat Pilatum Joseph
  7. Chor 
    Ruht wohl, ihr heiligen Gebeine
  8. Choral 
    Ach Herr, laß dein lieb' Engelein

Reviews


Dinsdag 9 April 1974

Bruno Peyer se Bach-koor vul leemtes

PLEK.Unisa Gehoorsaal
AANBIEDING:Bach se Johannes-Passie deur die Bach-koor Pretoria met Anneen Leeuwener (sopraan), Stella Beder (alt), Sjoerd Beute (tenoor), Jozua Serfontein en Bruce Martin (Basse). Die Collegium Musicum-orkes o.l.v. Bruno Peyer. Orreliste: Susan Engelbrecht.

'n Gevoelige leemte in ons musieklewe is dat daar min aktiefs op die gebied van kerkmusiek deur ons professoinele musici-sangers tydens die groot kerklike feesdae gelewer word. Was dit nie vir die radio nie, sou die sfeer van Kersfees en Pase byna sonder gewaarwording by jou verbygaan. Gelukkig is daar talle amateurverenigings in ons land wat probeer om hierdie leemtes deur hul aktiwiteite te oorbrug.

Die Bach-koor van Pretoria is 'n voorbeeld van so 'n poging tot die oplewing van kerkmusiek op die tydstip van die jaar wanneer die luisteraar juis 'n intense drang daarna voel.

Bruno Peyer, dirigent van die Bach-koor van Pretoria, het te doen met amateurs wat uit liefde vir die saak sing. Daarom verdien hy en elkeen wat aan Saterdagaand se uitvoering van Bach se Johannes-Passie deelgeneem het, 'n gekwalifiseerde felisitasie vir die bereiking van 'n ver bo gemiddelde standaard vir amateurgeselskappe by hierdie tipe werke.

Uiteraard is 'n Passie van Bach onder geen omstandighede 'n geringe opgaaf nie.

Bach se Johannes-Passie is meer gekonsentreerd (en dus korter) as dieselfde komponis se Mattheus-Passie,maar beslis nie minder veeleisend nie.

TELEURSTELLEND

Die openingskoor was teleurstellend. T.o.v. tempo het alles 'n bietjie te traag verloop, maar hierdie was egter nie die grootste beswaar nie. Balans tussen orkes en koor was onbevredigend. 'n Koor van ongeveer 50 sterk, kan 'n ensemble van Collegium Musicum-grootte doodsing.

Hoewel mens aan so iets by Bach nooit die voorkeur kan gee nie, mag die teenoorgestelde uit die aard van die musiek ook nie gebeur nie. Deurdat die koor te piano gesing het, is die ryke polifonie van Bach se stempartye ongenadiglik onderdruk. Meer ritmiese vitaliteit (ook in die orkespartye) sou 'n beter perspektief in die Barok-eie openbaar het.

In kontras hiermee, is is die korale met passievolle oortuiging voorgedra. Die koor het by hierdie dele pragtige hoogtes van toonhomogeniteit bereik en die balans was goed.

Die massakore is dikwels met die nodige vitaliteit voorgedra - veral die brute "Kreuzige, Kreuzige!" Opvallend was dat daar ná pouse 'n beter volumebalans tussen koor en orkes ontstaan het.

Van die soliste was dit veral Bruce Martin se sonore bas wat beïndruk het. Sy karakterisering in die rol van Petrus en later Pilatus was nie alleen oortuigend nie, maar ook vokaal besonders sterk. Met sy moeitelose toonproduksie het hy die 2 arias "Eilt, ihr angefochtnen Seelen" en "Mein teurer Heiland, lass dich fragen" gesing.

DIKSIE

Sjoerd Beute het die evangelis-party sowel as al die tenoor-arias op hom geneem. Sy diksie was besonder duidelik en sy stem het die laaste jare heelwat aan warmte gewen. Suiwerheid was byna deurgaans onberispelik - mnr. Beute het slegs in 'n paar arias, o.a. no. 32, tekens van stemooreising getoon, maar in die tweede helfte het sake by hom ook verbeter. Sjoerd Beute is 'n sensitiewe sanger en sy aandeel in die sukses van hierdie uitvoering mag nie geringag word nie.

Anneen Leeuwener se vibratoryke stem en ligte klanktimbre pas Bach nie te goed nie en sy was 'n paar keer alles behalwe suiwer. Stella Beder se stem is kleiner en nie besonder ryk aan nuanisme nie. Die tegniek was nog by haar 'n struikelblok tot idiomatiese sang. Vokale uitdrukking het ook by Jozua Serfontein ontbreek. Dit was jammer dat sy enigste aria ook nog bederf is deur die ghitaarspeler wat konstant 'n tel te vroeg bly speel het.

Die orkes het veral in die houtblaas- en kontinuoseksie uitstekend gemusiseer, waaronder die allerbelangrikste "stuttende" orrelparty gereken mo/et word. 'n Vol saal het bewys gelewer van die waardering vir die besondere taak wat Bruno Peyer op hom geneem het. Lang lewe die Bach-Koor Pretoria!

- Paul Boekkooi

 

Copyright 2024 by Pretoria Bach Choir
Website maintained by Core Synergy
123movies