High Quality Rolex Replica
Links:�,��f��f'�f��,��f"�f� �"��?��,��,��f^ 口�,��fY,�,��f��f'�f��,��f"�f��T,�^N�s�"�,�f��f��ff�,��,� �,��f��f'�f��,��f"�f�販売

Neels Boonzaaier

The fourth conductor of the Pretoria Bach Choir




Neels Boonzaaier matrikuleer aan die Pretoria Skool vir Kuns, Musiek en Ballet (Hoërskool Pro Arte) in die musiekstudierigting, waarna hy aan die Konservatorium vir Musiek, Pretoria studeer en spesialiseer in klavier en sang. Na vier jaar studie tree hy toe tot die onderwys en gee musiek as matriekvak. Deur verdere studie aan die Universiteit van Pretoria en UNISA kwalifiseer hy ook in tale.

As orrelis in verskeie gemeentes het Neels kerkkore afgerig, terwyl ook verskeie skoolkore suksesvol onder sy leiding opgetree het. Hy is daarop deur die destydse Departement van Onderwys aangewys om die Laeveldse Jeugkoor tot stand te bring en het as begeleier sowel as afrigter opgetree. Hy het vir verskeie verhoogproduksies as regisseur opgetree. Verder is hy ook bekend as begeleier vir soliste.

In 1981 word hy aangestel as regisseur : kunsmusiek aan die destydse SAUK, waar hy gespesialiseer het in opnames met professionele sangers en kore.

Gedurende 1988 tree hy toe tot die professionele verhoog toe as tenoor met sy debuutkonsert in die Johannesburgse stadsaal saam met die Nasionale Simfonie orkes onder leiding van Piero Gamba. Dieselfde jaar begin hy hom ook toelê op opera. Enkele operettes volg hierna, en verder lê hy hom toe op die kunslied en konsertwerk.

Neels tree saam met verskeie kore op as solis in oratoriumwerke, waaronder Messias van GF Handel saam met die Mormoonse Tabernakelkoor in die RAU- ouditorium, die Nelson-mis van Joseph Haydn (Mis in D min) saam met die Johannesburg Chamber Choir en orkes, 'n Kempter-mis saam met die Impromptu Kamerkoor en Telemann se Matheuspassie. Tans lê hy hom toe op die volks- en die kunsliedere en gee sangles aan verskeie studente.

Van 1990 dien hy op verskillende kunsverenigings se besture en tree onder meer op as organiseerder van verskeie koor- en kunsfeeste. Sedert 1996 is hy lid van die Beoordelaarsforum van die Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika, en tree hy jaarliks landwyd op as beoordelaar van die kunsmusiekafdeling, wat sang en koor insluit. Hy is sopas verkies op die bestuur van die Forum.

Koorwerk lê Neels na aan die hart en hy is voortdurend besig met koorafrigting. Hy tree op as referent by koorwerkwinkels vir die Pretoria Koorakademie onder leiding van dr Salome Hendrikse, en spits hom veral toe op stembou en vokale koortegniek.

Copyright 2024 by Pretoria Bach Choir
Website maintained by Core Synergy
123movies